Heaven's View Mountain Resort is ideaal vir Christelike Kampe, Prys en Lofsang Groepe; Profetiese naweke; Huweliksverrykings kursusse en Geestelike Groei-geleenthede, "Sabbaticals & Silent Retreat"   

Minimum: 30 volwassenes per Kampgroep

Akkommodasie: A-BLOK 

BRING SAAM: eie beddegoed/ slaapsak, kussing, handdoek, stortmatjie, flits, toiletpapier, eetgerei & hout vir die kaggel in winter tye

5 x EENHEDE  (elk met eie wasbak, stort en toilet)

Elke eenheid het 2 enkel beddens wat as Koning Grootte Bed opgemaak kan word en 2 x Stapelbeddens("Bunker Beds")

Akkommodasie: B-BLOK 

BRING SAAM: eie beddegoed/ slaapsak, kussing, handdoek, stortmatjie, flits, toiletpapier, eetgerei & hout vir die kaggel in winter tye

4x EENHEDE  (elk met eie wasbak, stort en toilet)

Elke eenheid het 2 enkel beddens wat as Koning Grootte Bed opgemaak kan word en 2 x Stapelbeddens("Bunker Beds")

Akkommodasie: C-BLOK-SLAAP-LOKALE:

BRING SAAM: eie beddegoed/ slaapsak, kussing, handdoek, stortmatjie, flits, toiletpapier, eetgerei & hout vir die kaggel in winter tye

C1 = slaaplokaal met 5x Stapelbeddens ("bunker beds") C1 =slaap 10

C2= slaaplokaal met 4x Stapelbeddens ("bunker beds") C2 =slaap 8

C3 = slaaplokaal met 3x Stapelbeddens ("bunker beds") C3=slaap 6

En-suite ablusie geriewe met 6x storte, 6x toilette en 10 x wasbakke

FORT Akkommodasie:

DUBBEL-BED-EENHEDE elk met 1x dubbelbed met en-suite  toilet, stort, wasbak

F-BLOK STAPELBED EENHEDE  ('bunker beds") elk met 2x Enkel beddens en 1x Stapelbed (slaap 4 per eenheid) met en-suite toilet, wasbak, stort

BRING SAAM eie beddegoed, kussing, slaapsak, toiletpapier, stortmatjie, flits, eetgerei, & hout in nodig vir braai of kaggel in winter

Addisionele Fasiliteite

Kombuis
Die kombuis vir die spysenieringsdoeleindes, is goed toegerus vir die sjefs en spyseniers met alle kooktoerusting, gasbranders, elektriese stoof, yskaste, vrieskaste, warm water, mikrogolfoonde en buite braai-area.
Suiwer Bergfontein drinkwater en 220 V elektrisiteit is oral beskikbaar.

Lesings Lokale/Saal

Klein Saal met vuurherd:

Volledig toegerus met groot binne vuurherd & Paneel verwarming

Sitplek  gerieflik vir 80-120 persone

Onderdak Binnehof/ Eetlokaal Area

Dien as eetlokaal tydens lesings in saal, pas 60- 80 persone in.

GROOT SAAL/FORT SAAL met projektor Pas gemaklik 140+ gaste in

  • Kombuis, Saal met vuurherd (Bring asb.eie Klanksisteem en luidsprekers)
  • Eetlokaal area, Groot (FORT) Saal (Bring asb.eie Klanksisteem en luidsprekers)    
  • Bo-Vertrek                                   

Besprekings vereistes

Minimum Bespreking: 30 volwasse persone per kampgroep, minimum 2 nagte. Indien kampgroep minder is as 30, gaan u ‘n faktuur kry vir 30 persone

Kleiner kampgroepe mag dalk die kampterrein met ‘n ander kampgroep deel.

Indien kinders deel vorm van 'n volwasse kampgroep, moet hul voltyds inskakel by die kampprogram of voltyds onder volwasse toesig wees

R1500-00 deposito verseker en bevestig datum van bespreking

Besprekingsdatums word slegs bevestig na ontvangs van deposito. Outomatiese kansellasie van u datum volg na 14dae indien geen bewys van betaling ontvang word nie, datums word dan her-allokeer. Kamer-indelingsversoeke, ‘n beraamde aantal gaste, asook saaluitleg versoeke, moet 8dae voorafgaande die kamp deurgegee word.

Kansellasies

Deposito terugbetaling, slegs indien ‘n plaasvervangende bespreking ontvang word, minus 10% hanterings fooi.

Uitstaande balans moet vereffen word 3 dae voor aankoms, via Elektroniese oorplasing direk na Galgeberg Oord Bankrekening. Epos asb. bewys van betaling. Die bewys van betaling verseker hek-toegangskodes na Galgeberg Oord kampterrein. Geen KOS & GEEN toegang na kampterrein sonder bewys van finale betaling.

BANKBESONDERHEDE

NAAM:       GALGEBERG OORD CC

BANK:       ABSA

TAK:          SANTYGER (KODE 630-510)

REK NO:    4071697165

Bewys van betaling: epos: heavensview@live.co.za  

Verwysing: Naam, Van, Kamp Naam en Kamp datum

Kontak besonderhede vir besprekings:  Helene Prins:  0832358503

 

Reëls

Bring eie kaggelhout, eetgerei, vadoeke, beddegoed, warm knie kombersie vir in saal tydens lesings, handdoeke, toiletpapier, Bybel, Notaboek en pen "snacks", eie medikasie & mediese noodhulp   

Laat asb die fasiliteit in dieselfde goeie skoon toestand waarin u dit ontvang het. Geen meubels, matrasse, komberse mag verskuif of rondgedra word nie. Indien eksterne skoonmakers na kamp benodig word, sal hierdie bedrag (vervoer R420 asook R200 per werker x2= R820) vanaf die deposito verhaal word.

Rapporteer alle gebreekte artikels, asook herstelwerk benodig aan die kamp organiseerders en bestuurder.

Die organiseerders (kerk) van die kamp is verantwoordelik vir die veiligheid van die kampgaste, dissipline en handhawing van sosiaal aanvaarbare en betaamlike gedrag, wat nie steurend vir ander kampgaste is nie. 

Die mediese noodhulp en versorging van die kampeerders is die verantwoordelikheid van die organiseerders.

Spyseniering: Geen selfsorg “catering” Heaven’s View gebruik slegs hul eie spyseniers. Ons spyskaart het goeie kwaliteit etes. Ons kan vegetariërs, hanteer, indien vooraf bespreek, maar geen ander spesiale spyskaart voorkeure nie. GEEN BANTING NIE. Die finale getalle vir spyserniering moet ons vyf (5) dae voor die aanvang van die kamp bereik. U sal vir hierdie getalle ‘n faktuur kry, asook vir die bykomende ekstra’s.

Etenstye: Ontbyt: 8vm, Middagete: 1nm, Aandete: Vry. 7nm en Sat. 6nm

VEILIGHEID & VRYWARING: Heaven’s View Mountain Resort is besorg oor u veiligheid. Ons tref voorsorg maatreëls sodat u veilig is tydens u verblyf by ons. Alle gaste is VERPLIG om ‘n Vrywaringsvorm (Indemnity) te voltooi en in te handig voor die aanvangs van die kamp.

BRAND GEVAAR Fynbos Bewarings AreaGEEN GAS-STOFIES, VERWARMERS, ROOK, KERSE of OOP VURE WORD IN DIE SLAAPLOKALE, VELD EN OMGEWING TOEGELAAT NIE.

 

 

 

 

 

 

 

Back to top